Strewe na volhoubare landbou
Ons is ‘n familieboerdery gelee in die hart van die Overberg buite Swellendam. Die Malgas-area waarin ons boer se jaarlikse reenvalsyfer is in die orde van 400mm, daarom maak ons staat op minimum bewerking en ander moderne boerdery metodes om vog te bewaar en vooruit te kan gaan.
Tans bestuur ons ‘n gemende boerdery van graan(koring, gars en hawer) sowel as skape(Dorper en Dohne-Merino).